|
|
|
Onze Reizen: |
|
|
|
|
Namibië / Botswana
|
|
|
|
|
|
BELANGRIK
VOOR U VERTREK!
Paspoort
- Reisigers na Suid-Afrika het 'n paspoort nodig wat
vir 6 maande na terugkeer nog geldig is
- Neem 'n kopie van u paspoort en u vliegkaartjie
mee op reis en hou dit afsonderlik van die oorspronklikes
- Laat ook 'n kopie daarvan by 'n kontakpersoon tuis
Doeane
- Onthou om alle skerp voorwerpe uit u handbagasie
te verwyder en in u koffer te plaas wat in die bagasieruim
gaan, vóórdat u inboek!
- Tydens die vlug sal u 'n Aankoms/Vertrek vorm kry
om in te vul
- U mag belastingvry klein hoeveelhede geskenke, sigarette
en alkohol die land binnebring - inligting beskikbaar
op die lughawe
- Elektroniese apparatuur en juwele, anders as vir
u eie gebruik, moet by aankoms verklaar word
- Wapens, vuurwerke, verdowingsmiddels en alle ondermynende
artikels is streng verbode
- Voor u terugvlug mag u op die lughawe vanwaar u
vertrek, BTW terugeis vir aankope soos boeke, juwele
en ander duurder artikels, nie vir kleiner artikels
soos byv. t-hemde nie. Bewaar alle koopbewyse met
die handelaar se BTW-nommer daarop, en neem dit, tesame
met die betrokke artikels, na die BTW-toonbank
- Wanneer u goud of diamante koop sal die handelaar
die nodige BTW-inligting aan u verstrek
Versekering
- Mediese en ongevalleversekering is verpligtend by
die meeste reisagente. Hierdeur word u gedek teen
diefstal, ongelukke, siekte en hospitalisasie
- Annuleringsversekering word ook sterk aanbeveel,
ingeval u reis vir geldige redes gekanselleer of onderbreek
word
- Maak seker dat u 'n kontak telefoonnommer van die
versekeringsmaatskappy het, en indien moontlik die
naam van 'n kontakpersoon, en hou alle inligting byderhand
- Ingeval van siekte, hou alle rekeninge van die geneeshere
en/of die hospitaal vir voorlegging aan u versekering
- Ingeval van diefstal, meld aan by die polisie en
kry 'n saaknommer vir voorlegging wanneer u 'n eis
instel
Bagasie
- Goue reël: neem so min as moontlik mee op reis!
- Met die oog op beperkte bagasieruim in die bussies
word op al ons toere één koffer van
ongeveer 65x45x20 cm en 'n klein nagtassie per persoon
toegelaat
Kleding (sien ook Klimaat)
- Dit sal afhang van die areas wat u besoek, sowel
as die tyd van die jaar
- Normaalweg word ligte katoenkleding aanbeveel, neem
ook iets warms vir kouer dae en wildritte (game drives)
in ope voertuie
- By feitlik alle gastehuise/lodges is dit moontlik
om u was te laat doen
- Stewige wandelskoene is noodsaaklik - nie swaar
bergstewels nie!
- Ook handig is 'n sonbril, sonnepetjie, sonbrandolie,
'n klein saklantaarn
Geldsake
- Die geldeenheid in Suid-Afrika is die RAND, die
wisselkoers teenoor die EURO kan op ons webblad nagegaan
word
- Alle pryse word in SA Rand aangegee en betalings
kan met kontant of kredietkaart gedoen word
- Dit is nie nodig om reisigerstjeks mee te neem nie,
'n geldige kredietkaart is voldoende om kontant mee
te trek, en word ook aanvaar by feitlik alle winkels
en restaurante. Neem ook 'n klein bedrag aan Euro
of USDollars, dit kan by banke, forexkantore en op
lughawens omgeruil word vir SA Rand. Let wel:
dit kos duurder om geld by hotels te wissel!
- OTM's (outomatiese tellermasjiene) waar kontantgeld
per kredietkaart getrek kan word, is orals beskikbaar
(pinnen)
- Buitelandse tjeks word nie in SA aanvaar nie
- Buitelandse kredietkaarte word nie by petrolstasies
of by tolhekke aanvaar nie, slegs kontant
Elektrisiteit
- 220 volt (50 Hz)
- Stekkers in Suid-Afrika verskil van alle ander wereldwyd
en kan alleen hier gekoop word @ ongeveer R30,00 elk
- Wereldstekkers kan dus nie hier gebruik word nie!
Diensfooie (tips)
- Dit is gebruiklik om 'n diensfooi van 10% in restaurants
by die rekening te voeg
- In gastehuise word 'n klein fooi vir kamerdiens
waardeer - vra by ontvangs wat gebruiklik is
- Die vergoeding vir kruiers (portiere) by hotels
en op die lughawe is gewoonlik R5,00 per stuk
- 'n Fooi vir u reisgids aan die einde van die toer,
asook vir plaaslike gidse (dagekskursies) is gebruiklik
- die bedrag word aan u eie diskresie oorgelaat.
Telefoon/fax/e-pos
- U word aangeraai om u eie selfoon (GSM) mee te neem
en seker te maak dat dit deur u diensverskaffer tuis
aangesluit is by International Roaming. Opvangs is
byna dwarsdeur die land, behalwe in sommige afgeleë
gebiede
- Vir tuisblyers: die internasionale kode na Suid-Afrika
is +27. Vanaf SA na Nederland is die kode 0931, na
België 0932. Die 0 vooraan die nommer word weggelaat,
'n oproep na Amsterdam sal dus begin met 0931 20 gevolg
deur die nommer wat u wil skakel
- Fakse en e-pos (e-mail) kan van die meeste hotels/lodges/gastehuise
verstuur word teen 'n klein bedrag
- Internet-kafees is in die groter dorpe/stede beskikbaar
- As u op 'n selfdrive reis gaan reël ons dat
u gratis 'n selfoon kan huur
Pos
- Pos na Europa neem ongeveer 10-14 dae, korter as
u dit op 'n lughawe pos
- Suid-Afrikaanse posseëls is kleurvol en die
moeite werd om te versamel!
Televisie
- Feitlik alle hotels en sommige lodges/gastehuise
het satelliet TV met CNN en BBC World. Die SA TV-netwerk
bied 'n groot verskeidenheid programme op 'n aantal
kanale aan
Fotografie
- Maak seker dat u nie u kamera/video apparaat tuis
vergeet nie, dit kan nie in SA gehuur word nie!
- Films is overal beskikbaar teen normale pryse
- Ontwikkeling neem slegs enkele ure en kan by die
meeste winkelsentra gedoen word
- Toon respek teenoor die plaaslike bevolking as u
foto's wil neem byv. in die townships. Vra eers hulle
toestemming en gee daarna iets kleins, die kinders
hou van penne/potlode/kleurkryt/t-hempies. Moet nie
snoep gee nie! As u beloof om 'n foto te stuur, maak
seker van die adres - en hou aan u belofte!
Verkeer
- Ry links, gaan regs verby!
- As u self bestuur, wees veral versigtig wanneer
u om 'n draai gaan - hou links!
- By 'n 4-rigting stopstraat: die wat eerste stop
mag eerste ry!
- In SA word 'n stoplig 'n "robot" genoem
- Voetgangers: wanneer u 'n straat oorsteek, kyk eers
links, dan regs, dan weer links en steek flink oor
- Let altyd goed op taxi's in die verkeer - hulle
stop op enige plek, dikwels sonder waarskuwing!
Taxi's
- Is beskikbaar by hotels en lughawens
- Gebruik altyd 'n meter-taxi, hulle is betroubaar
en nie duur nie
Openbare vervoer
- Openbare vervoer soos bekend in Europa, is nie hier
beskikbaar nie
- Indien beskikbaar in stede en groter dorpe, wissel
die kwaliteit van aanvaarbaar tot swak - neem liewer
'n meter-taxi!
- Plaaslike treine (metro) vir kort afstande tussen
stede is gewoonlik oorvol en nie baie betroubaar nie
- Luukse busse bied geskeduleerde vertrekke aan vir
langafstand vervoer bv. tussen Johannesburg en Kaapstad
of Durban, en teen redelike pryse
- Op langafstand-treine (bv. Jhb-Kpst) kry u 'n indruk
van die uitgestrektheid van die land, maar dit neem
tyd en is nie altyd baie gerieflik nie
- Suid-Afrika is bekend vir 'n aantal luukse treine,
o.a. die wereldbekende Bloutrein en Rovos Rail
- Binnelandse vlugte is baie gewild en 'n aantal lugrederye
bied "no-frills" vlugte aan tussen die grootste
stede, en teen uiters lae tariewe
Klimaat
- Met die oog op vakansie in Suid-Afrika kan die land
in twee streke ingedeel word:
noord en suid, elk met 'n spesifieke reënval-seisoen
- Die noordelike provinsies is somerreënval gebied,
normaalweg van Oktober tot Maart. Die meeste wildparke
is in hierdie streek geleë. Dagtemperature in
hierdie maande wissel van 25°C tot 40°C en
dit koel effens af in die nag. As gevolg van die reën
is die wildparke digbegroeid en is dit moeilik om
diere te sien
- Die koeler maande van April tot Augustus is droog
en sonnig. Dagtemperature wissel tussen 20-25°C
en koel snags af tot ongeveer 7°C. Gedurende hierdie
droge periode is die bosse in die wildparke byna kaal
en is dit makliker om diere te sien wanneer hulle
na die watergate kom
- **Die beste tyd vir 'n besoek aan die wildparke
is April tot Augustus. Gedurende hierdie periode is
die gevaar van malaria ook gering.**
- Die suidelike streek, bekend vir sy pragtige natuurskoon,
die Tuinroete, Kaapstad en omgewing, is 'n winterreënval
gebied, gewoonlik van Mei tot Augustus. Die lente-
en somermaande van Oktober tot Februarie is die gewildste,
maar dit is hoogseisoen en overal heel druk!
- **Ons aanbeveling vir die beste tyd vir 'n
toer landswyd, is tussen die reënseisoene in,
d.i. Maart/April/Mei of Augustus/September.**
Taal
- Suid-Afrika het 11 (elf) amptelike tale!
- Engels is die offisiële taal, Afrikaans was
voorheen die tweede offisiële taal en word nog
algemeen gepraat
- Van die Bantoe-tale word Zulu en Xhosa die meeste
gepraat
- Besoekers uit Nederland en België kan byna
orals hulle eie taal gebruik, praat net stadig (langzaam)!!
- Die Afrikaanse taal is maklik om te verstaan en
prettig om na te luister!
Tydsverskil
- Die plaaslike tyd is GMT, gedurende die wintermaande
in Europa + 1 uur
- Tussen Maart en Oktober is daar geen tydsverskil
met Europa nie
Gesondheid
- Geen inentings is nodig vir 'n besoek aan Suid-Afrika
nie
- Die verre noordelike provinsies, die Krugerpark
en Swaziland is bekend as malaria-gebiede, veral gedurende
die somermaande. Maar as u op die volgende let, is
die kanse dat u malaria sal opdoen, uiters gering
- Die beste voorkomende maatreël teen malaria
is dat u nie deur 'n muskiet (mug) gebyt word nie!
- Muskietbyte kan maklik voorkom word deur 'savonds
lang moue en 'n langbroek en kouse te dra wanneer
u buite sit, en afweermiddel (muggemelk) aan alle
onbeskermde dele te smeer. As u hierdie maatreëls
volg kan u feitlik seker wees dat u nie malaria sal
opdoen nie
- As u verkies kan u voorkomende tablette (profylaxe)
inneem - raadpleeg u huisarts in die verband. U kan
ook die tablette in SA koop by aankoms, ons dokters
is te alle tye op hoogte van die beste middele beskikbaar,
en spesifiek vir die gebiede wat u gaan besoek
- Maar ons wil u gerusstel - in meer as 15 jaar van
safaris na die Krugerpark het nie een van die gaste
van Exclusiv Safaris nog malaria opgedoen nie!
- As u enige medikasie gebruik, neem 'n dubbele hoeveelheid
mee en plaas die helfte in u reisgenoot se bagasie,
ingeval u eie bagasie verlore raak. Vra ook u huisarts
vir 'n voorskrif in Engels om mee te neem, sowel as
'n voorskrif vir u lense/kontaklense by u oogkundige
- Pleisters, aspirine en medikasie teen diarree kan
handig te pas kom
- Wees veral besonder versigtig in die son, selfs
op bewolkte dae aan strand - die Afrikaanse son is
veel sterker as wat u in Europa gewoond is! Gebruik
altyd sonnebrand-olie!!
Water
- In Suid-Afrika is dit veilig om water uit die kraan
te drink, tensy u spesifiek om een of ander rede gewaarsku
word om dit nie te gebruik nie. Dit is raadsaam om
water en ook ysblokkies die eerste dae spaarsaam te
gebruik sodat u gestel geleidelik aan die verskil
gewoond kan raak
- Mineraalwater in flesse is volop verkrygbaar, neem
altyd 'n fles mee wanneer u ry, neem genoeg water
in veral gedurende die somermaande
Ete en drinke
- Suid-Afrikaanse geregte is grootliks beïnvloed
deur die verskillende kulture in ons land. Maak kennis
met hierdie tipies SA geregte, u sal sekerlik verras
wees!
- In die groot stede is 'n aantal restaurante van
internasionale standaard en soms duur. Maak seker
van die pryse op die menukaart voordat u bestel
- In die meeste restaurante is die pryse egter veel
laer as in Europa, en die ete van hoogstaande gehalte
- Suid-Afrikaanse wyne is welbekend om die hoogstaande
gehalte en gunstige pryse - geniet!
Veiligheid
- Wanneer u met Exclusiv Safaris op reis gaan kan
u seker wees dat u veiligheid ons hoogste prioriteit
is en dat u 'n sorgvrye vakansie sal geniet
- Soos overal ter wereld is dit egter u eie verantwoordelikheid
om goed te let op u persoonlike besittings, om versigtig
te wees wanneer u alleen rondloop, en om nie onveilige
plekke te besoek nie, veral 'savonds
Ons sien daarna uit om u binnekort
op een van ons toere te verwelkom!
Ons beloof u 'n onvergeetlike vakansie saam met die
span van Exclusiv Safaris!!
|