SATIB Certified - Tourism Insurance Compliant
SATSA Bonded
 
onze reizen
Onze Reizen:
GASVRY DEUR SUID-AFRIKA
20 DAE PRIVé BEGELEID of SELF-DRIVE
Namibië / Botswana
HOOGTEPUNTE VAN NAMIBIë
14 DAE BEGELEIDE REIS
Sien ook ander reise onder ENGLISH

HOOGTEPUNTE VAN NAMIBIë
Beknopte reisbeskrywing – 14-dae begeleide reis

Aantal deelnemers: minimum 4, maksimum 6 - 8.

DAG 01
Aankoms by Windhoek lughawe, ontmoet ons gids en transfer na Windhoek. Kort stadstoer.
Oornag: Terra Afrika Gastehuis.

DAG 02
Vanaf Windhoek na een van die grootste natuurwondere ter wêreld, die hemelhoë duine van Sossusvlei. Oornag: Sossusvlei Lodge

DAG 03
Baie vroeg op vir die kort rit na Sossusvlei om die sonsopkoms oor die duine te sien, ongelooflike kleurewisseling – ‘n fotograaf se droom! Dan ‘n uitstappie na die Sesriem canyon en terug na die pragtige Sossusvlei Lodge, betyds vir ‘n onvergeetlike sonsondergang oor die woestyn.
Oornag: Sossusvlei Lodge.

DAG 04
Deur die Namib Naukluft Park en die eindelose Namib-woestyn na die gewilde kusdorpie Swakopmund.
Oornag: gastehuis Swakopmund.


DAG 05
Heerlike dag om te ontspan aan die strand, of een van verskeie optionele uitstappies: na Walvisbaai vir ‘n bootvaart om die duisende watervoëls te besigtig, of ‘n dagtrip die woestyn in langs die onherbergsame Maanlandskap, en op soek na die eeue-oue fossielplant die welwitschia mirabilis, en vir die meer energieke ‘n eko-vriendelike quadbike uitstappie teen die duine buite Swakopmund!
Oornag: Gastehuis Swakopmund

DAG 06
Langs die Atlantiese kus, besoek die robbe by Cape Cross en dan verder na Twyfelfontein, die gebied waar verskeie besienswaardighede en ook die land se bes-bewaarde San-rotskuns te siene is. Oornag: Twyfelfontein Lodge.

DAG 07

Verskeie ekskursies vandag: die San-rotskuns, die Verbrande Berg, die vreemde rotsformasies genaamd die Orrelpype, e.a. U gids neem u ook op soek na die woestynolifante.
Oornag: Twyfelfontein Lodge.

DAG 08 & DAG 09
Weswaarts rigting Damaraland en die westekant van Etosha Nasionale Park. Benewens verskeie aktiwiteite wat by die lodge aangebied, o.a. ‘n begeleide natuurwandeling en dag- en nag gamedrives, is daar ook ‘n watergat waar wilde diere gesien kan word.
Oornag: Hobatere Lodge.

DAG 10
U gaan vandag die Etosha Nasionale Park binne vir oornagting in ‘n ruskamp.
Oornag: Okaukuejo ruskamp.

DAG 11 & DAG 12
Ry deur Etosha en gaan die park uit , twee nagte verblyf net buite die park, met dagtrips in Etosha.
Oornag: Onguma Camp

DAG 13
Terug rigting Windhoek, laaste oornagting in dienatuurskone Waterberg Plateau Park.
Oornag: Waterberg Plateau Park

DAG 14
Terugvlug vanaf Windhoek – einde van reis.

U kan verseker wees van ‘n fantastiese reis deur hierdie wonderwêreld!

PRYSE EN VERTREKDATA OP AANVRAAG

INGESLUIT IN DIE PRYS

  • Akkommodasie soos genoem, of gelykwaardig
  • Alle ontbyte, 6 x dinner
  • Ekskursies soos in die program aangegee
  • Toegange Etosha Nasionale Park en Sossusvlei
  • Vervoer in luukse 4x4 voertuig met lugreëling
  • Begeleiding deur gekwalifiseerde Afrikaans/Nederlands-sprekende reisgids

NIE INGESLUIT IN PRYS

  • Alle vliegkaartjies
  • Persoonlike, mediese en annuleringsversekering
  • Alkoholiese drankies
  • Ander etes
  • Optionele ekskursies
  • Portiere
  • Fooitjies (tips) – in restaurants normaalweg 10%, vir gidse vryblywend en na goeddunke
  • Persoonlike uitgawes bv. telefoonoproepe ens.


Kontak ons by info@exclusivsafaris.co.za vir meer inligting.