|
|
|
Onze Reizen: |
|
|
|
|
Namibië / Botswana
|
|
|
|
|
|
HOOGTEPUNTE VAN NAMIBIë EN BOTSWANA
Beknopte reisbeskrywing – 23-dae begeleide reis
Aantal deelnemers: minimum 4, maksimum 6 - 8.
DAG 01
Aankoms by Windhoek lughawe, ontmoet ons gids en transfer na Windhoek. Kort stadstoer.
Oornag: Terra Afrika Gastehuis, ontbyt
DAG 02
Vanaf Windhoek na een van die grootste natuurwondere ter wêreld, die hemelhoë duine van Sossusvlei.
Oornag: Sossusvlei Lodge, ontbyt + aandete
DAG 03
Baie vroeg op vir die kort rit na Sossusvlei om die sonsopkoms oor die duine te sien, ongelooflike kleurewisseling – ‘n fotograaf se droom! Dan ‘n uitstappie na die Sesriem canyon en terug na die pragtige Sossusvlei Lodge, betyds vir ‘n onvergeetlike sonsondergang oor die woestyn.
Oornag: Sossusvlei Lodge, ontbyt + aandete
DAG 04
Deur die Namib Naukluft Park en die eindelose Namib-woestyn na die gewilde kusdorpie Swakopmund.
Oornag: Hansa Hotel, Swakopmund, ontbyt
DAG 05
Heerlike dag om te ontspan aan die strand, of een van verskeie optionele uitstappies:
na Walvisbaai vir ‘n bootvaart om die duisende watervoëls te besigtig, of ‘n dagtrip die woestyn in langs die onherbergsame Maanlandskap, en op soek na die eeue-oue fossielplant die welwitschia mirabilis, en vir die meer energieke ‘n eko-vriendelike quadbike uitstappie teen die duine buite Swakopmund!
Oornag: Hansa Hotel, Swakopmund, ontbyt
DAG 06
Langs die Atlantiese kus, besoek die robbe by Cape Cross en dan verder na Twyfelfontein, die gebied waar verskeie besienswaardighede en ook die land se bes-bewaarde San-rotskuns te siene is.
Oornag: Twyfelfontein Lodge, ontbyt
DAG 07
Verskeie ekskursies vandag: die San-rotskuns, die Verbrande Berg, die vreemde rotsformasies genaamd die Orrelpype, e.a. U gids neem u ook op soek na die woestynolifante.
Oornag: Twyfelfontein Lodge, ontbyt
DAG 08 EN DAG 09
Weswaarts rigting Damaraland en die westekant van Etosha Nasionale Park. Benewens verskeie aktiwiteite wat by die lodge aangebied, o.a. ‘n begeleide natuurwandeling en dag- en nag gamedrives, is daar ook ‘n watergat waar wilde diere gesien kan word.
Oornag: Hobatere Lodge, ontbyt + aandete
DAG 10
U gaan vandag die Etosha Nasionale Park binne vir oornagting in ‘n ruskamp.
Oornag: Okaukuejo ruskamp, ontbyt
DAG 11 EN DAG 12
Ry deur Etosha en gaan die park uit , twee nagte verblyf net buite die park, met dagtrips in Etosha.
Oornag: Onguma Camp, ontbyt
DAG 13 EN DAG 14
Nou rigting die natuurskone waterryke gebied van die Caprivi. Vanaf die lodge bring u ‘n besoek aan die Boesmans (San).
Oornag: Roy’s Camp, ontbyt
DAG 15 EN 16
Steeds in die gebied van die Caprivi, u volgende stop is geleë aan die Okavango-rivier en die Mahangu Nasionale Park. Verskeie optionele aktiwiteite, o.a. ‘n makoro-trip op die Okavango Delta.
Oornag: Mahangu Safari Lodge, ontbyt + aandete
DAG 17 EN 18
Verder rigting Okavango Delta, weer twee nagte in ongerepte natuurgebied met besoeke aan Mudumo en Buffalo Nasionale Parke.
Oornag: Namushasha Lodge, ontbyt
DAG 19 EN 20
Twee dae in die Chobe Natuurreservaat met sy ontelbare troppe wilde diere en kleurryke voëls, besigtiging op gamedrives en vanaf bootvaarte op die Chobe-rivier – optionele ekskursies.
Oornag: Chobe Safari Lodge, ontbyt
DAG 21 EN 22
Laaste twee dae, by die wêreldbekende natuurwonder, die Victoria Falls. U verblyf aan die Zambië-kant van die Valle omdat ons Zimbabwe op hierdie stadium heeltemal vermy.
Oornag: The David Livingstone Hotel, Vic Falls - ontbyt
DAG 23 Terugvlug, einde van reis.
PRYSE OP AANVRAAG
INGESLUIT IN DIE PRYS
- Akkommodasie soos genoem, of gelykwaardig
- Alle ontbyte, 6 x dinner
- Ekskursies soos in die program aangegee
- Toegange Etosha Nasionale Park en Sossusvlei
- Vervoer in luukse 4x4 voertuig met lugreëling
- Begeleiding deur gekwalifiseerde Afrikaans/Nederlands-sprekende reisgids
NIE INGESLUIT IN PRYS
- Alle vliegkaartjies
- Persoonlike, mediese en annuleringsversekering
- Alkoholiese drankies
- Ander etes
- Optionele ekskursies
- Portiere
- Fooitjies (tips) – in restaurants normaalweg 10%, vir gidse vryblywend en na goeddunke
- Persoonlike uitgawes bv. telefoonoproepe ens.
Kontak ons by info@exclusivsafaris.co.za
vir meer inligting.
|